Om regtig die mood te verstaan waarin ek alles se, moet mens eintlik die volgende video op YouTube kyk:
Ek kan my indink dat die vervaardigers die boodskap (hulle boodskap), so eenvoudig en bevatlik wil oordra met die video. Naamlik GENADE is VERNIET en dis AMAZING.
As daar egter nou een ding (van baie) is wat my pla in die hele video is dit die rooi-skoene-oortreding. Die president wil jou doodmaak, omdat jy hou van rooi skoene en omdat jy dit hardkoppig dra. Maar byt vas… Hy het sy eie seun gestuur om vir jou straf oor die dra van rooi skoene in die openbaar te kom sterf.
Ek groot geword met die tipe KONTEKS waarin die gemeente en gelowiges GENADE vir my kom aanbied het. Die taal en styl van die boodskap was eintlik maar die van verdoemenis en skuld, maar onthou… Daar is vir jou genade.
Miskien krap die toneeltjie my so verbete om, omdat ek niks van WIE GOD IS, EN HOE DIE BYBEL HOM BESKRYWE, hierin sien nie. Dis ‘n “duck and dive”-teologie met die item-naam op die godsdiens-menu: GENADE.
Ek huiwer om te dink en te praat oor GENADE. Die ontstaan van die kosmos en uitspansel en planete en komete is GENADE. Wat in my en om my aangaan kan net GENADE wees. Ten spyte van of ek nou rooi skoene dra of nie…
Miskien moet ons die twee konsepte, naamlik VERGIFNIS en GENADE teologies, in eie reg, bietjie “losmaak” van mekaar! Dan sal ons ontdek hoeveel MEER EN GROTER GENADE is!
Die skrywer van “AMAZING GRACE”, het dit heelwaarskynlik goed begryp…
